Cindy Nell-Roberts die langbeen-TV-aanbieder is agt en ’n half maande swanger en sy en haar man, die sakeman Clive Roberts, tel behoorlik die dae tot hulle hul seun vir die eerste keer kan vashou.

“Ons kan nie wag nie,” vertel ’n stralende Cindy. “Ek en Clive is albei baie lank en ons dink dit gaan ’n groot baba wees. Ons dokter sê hy is baie groter as gemiddeld en hulle verwag hy gaan 4,5 kg weeg.”

“Net omdat jy swanger is, beteken dit nie die lewe moet stilstaan nie. Ironies genoeg was die afgelope jaar die besigste tyd in my loopbaan,” gesels die voormalige Mej. Suid-Afrika.

Sy was al drie maande swanger toe sy nog haar lyf model gehou het – en dit vir ’n advertensie vir fyn ondergoedjies.

Eers was dit moeilik om aan te pas, veral fisiek, erken sy. “Met my agtergrond as model waar jy altyd ’n nommer 32 is, was dit vreemd om drie groottes groter te wees. Ek het 16 kg aangesit, wat ek beplan om gou af te skud, maar ek gee nie om nie – dis alles om die baba se onthalwe.”

Lees meer in die Huisgenoot van 19 Mei.

Volg Huisgenoot op Twitter.