. Panayiotou word daarvan aangekla dat hy die moord op sy vrou, Jayde (29), in April vanjaar georkestreer het.

Price, wat ook namens Bob Hewitt opgetree het, het vandag ná uitgerekte betoë aangedui die nuwe aansoek om borgtog gaan vir eers teruggetrek word.
“Flagrante, deursigtige poging om ons soos gekke te laat lyk”

Dit kom nadat Panayiotou se regspan vroeër vandeesmaand aansoek gedoen het vir toegang tot die staat se dossier. Tydens die kort verskyning voor landdros Abigail Beeton het Stander aangevoer die landdroshof beskik nie oor die jurisdiksie om oor die dossier te beslis nie.

Luidens briewe deur Panayiotou se prokureur, Alwyn Griebenow, gaan daar weer ’n nuwe aansoek om borgtog ingedien word op 1 Desember, ongeag of daar sukses is of nie met toegang tot die staat se dossier.

Price het Stander vandag daarvan beskuldig dat hy ’n “pokerspeler is wat voorgee hy het ’n goeie hand, maar nie sy kaarte wil wys nie”. Hy bestempel die optrede as ’n “flagrante, deursigtige poging om ons soos gekke te laat lyk”.

Stander sal ’n skriftelike opdrag ontvang om op 1 Desember in die hooggeregshof die betoog aan te hoor om toegang tot die dossier te verkry.

Bronne: News24, algoafm.co.za