Christopher Panayiotou, die vermeende baasbrein agter sy vrou, Jayde, se moord, en sy twee mede-beskuldigdes het vandag (Maandag) vlugtig in die landdroshof in Port-Elizabeth verskyn.

Christopher sal weer môre in die hof wees om aansoek te doen om borgtog op grond van nuwe feite wat glo aan die lig gekom het. Hy is al twee keer vantevore borgtog geweier.

Besonderhede rondom die nuwe inligting is nog nie bekendgemaak nie. Intussen het die hof meer as ’n jaar ná die moord op Jayde die saak na die Hoogeregshof verwys. Christopher se moordverhoor sal op 3 Oktober 2016 begin. Dié 29-jarige word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy vrou verlede April beplan het. Van Christopher se werknemers het vandag vir die tweede keer met slagspreuke op T-hemde buite die hof hul steun aan hom toegesê. Sy werknemers is oortuig hul werkgewer is onskuldig.

Die staat beweer Christopher het vir Luthando Siyoli (31) betaal om met Sizwezakheas Vumazonke (30) te reël om sy 29-jarige vrou te vermoor. ’n Vierde beskuldigde, Sinethemba Nenemba (28), is einde verlede jaar aan die moord gekoppel.

Siyoli het intussen ’n staatsgetuie geword.

Jayde, ’n onderwyseres, was die oggend van 21 April 2015 buite haar meenthuis in Kabega Park, Port Elizabeth, ontvoer.

Haar lyk is die volgende dag op ’n plaas in Rocklands, buite Uitenhage gevind. Sy het ’n skietwond in haar kop en haar bo-lyf gehad.

Bronne: The Herald

Lees ook op Huisgenoot.com:

Tweede verdagte in Winnie Rust-moordsaak vasgetrek

Voormalige Mej. SA oorleef gru-ongeluk

Heftige Inge Lotz-debat ontketen sleutelvraag: Het haar eertydse kêrel haar vermoor?

En daar ontaard Riaan Cruywagen in ’n kranige worsrolbakker!

Dié spiertier spog hy gebruik al steroïede van hy 18 was