Christopher Panayiotou, Sizwezakhe Vumazonke, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko staar aanklagte van sameswering tot moord, moord en ontvoering in die gesig.

Met hul vorige verskyning was Sizwezakhe glo siek in die aanhoudingselle. Hy het gesukkel om by die trappe op te klim en het gelyk of hy gewig verloor het sedert sy laaste verskyning.

Lees ook: Skokkende brief deur Jayde Panayiotou onthul

Jayde is voor haar woning in die Stellen Glen-kompleks in Kabegapark ontvoer waar sy glo in die kattebak van ’n huurmotor gedwing en na ’n afgeleë gebied naby KwaNobuhle geneem is waar sy vermoor is.

Daar word beweer Christopher het ’n uitsmyter, Luthando Siyoni, wat vir hom gewerk het gevra om ’n huurmoordenaar – glo Sizwezakhe – te kry om sy vrou te vermoor.

Luthando het sedertdien ’n staatsgetuie word en die aanklagte teen hom is teruggetrek.

Bron: News24