Christopher Panayiotou (28) word in die gesig gestaar deur klagte van ontvoering, roof en moord, asook sameswering om Jayde te vermoor.

Hy was in ’n swart pek en oop hemp geklee en het stil en teruggetrokke gelyk.

Die saak is tot 19 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

Hy sal tot dan in aanhouding bly.

Mense in die openbare gallery het verlig gelyk dat Christopher in aanhouding sal bly.

Kobus Gerber, hoof van die belastingbetalersvereniging van Nelson Mandelabaai, is hoor sê: “Goed, hy moet daar bly.”

Jayde Panayiotou is op Dinsdag 21 April 2015 buite haar huis in Kabegapark ontvoer terwyl sy vir haar saamrygeleentheid gewag het na die skool waar sy gewerk het. Sy is later aan die buitewyke van ’n township in Uitenhage dood gekry.

Nog ’n man, Thando Siyali (31), is in verband met die misdade in hegtenis geneem, en het Donderdag in dieselfde hof verskyn. Dit het aan die lig gekom ’n beduidende bedrag is betaal om haar te laat vermoor.

Bron: News24