Die veroordeelde moordenaar Christoff Becker moet weer op parool vrygelaat word, het die hooggeregshof in Pretoria Vrydagoggend beveel, berig Netwerk24. Becker, een van die Waterkloof Vier, se prokureur, Carel Taute, het bevestig dat Becker Donderdag ’n dringende hofaansoek voor regter André Louw gebring het en die bevel is Vrydag verleen. Volgens Netwerk24 moet Becker, wat by verskeie omstrede voorvalle betrokke was, vrygelaat word op dieselfde paroolvoorwaardes wat op 11 Februarie vanjaar van toepassing was toe hy die eerste keer parool gekry het. ? Teen laatmiddag 5 Desember 2014 is bekend gemaak dat die Departement van Korrektiewe Dienste teen die hofbevel gaan appèlleer. Christoff Becker bly dus voorlopig nog in die gevangenis.

LEES MEER HIER