DIE model Christina Storm is deesdae ’n gesogte aktrise.

Ons het haar in die Afrikaanse fliek Jakhalsdans gesien, die vampierfliek Eternity waarin sy ook speel, begin binnekort draai en dan begin sy in Oktober werk aan ’n liefdesverhaal wat in Suid-Afrika, België en Nederland geskiet word.

Die fliek se voorlopige titel is P.S. Ek Lief Jou, en Kurt Darren en Steve Hofmeyr is van haar mede-akteurs.

“Ek speel Kurt se geldgierige meisie wat ’n verhouding met my prokureur (Steve) aanknoop,” het Christina verklap by The Campus in Bryanston, waar die Forever New-ontwerperswinkels bekendgestel is wat pas in Suid-Afrika oopgemaak het.

Verder hou sy haar lyf ook weer aanbieder op ’n nuwe televisieprogramwat binnekort op TopTV begin. Die program se naam is Verander My en 24 deelnemers ondergaan dramatiese mooimaaksessies voor die televisiekameras. “Die vroue is tussen 23 en 60 jaar oud en hulle kry alles van nuwe borste tot nuwe tande,” het Christina vertel.