Die wêreld gaan tot ’n einde kom binne slegs drie weke – wanneer Jesus terugkom aarde toe.

[caption id="attachment_149848" align="alignnone" width="605"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

So sê Nora Roth, ’n Christelike rekenaarwetenskaplike wat die boek van Daniël in die Ou Testament van die Bybel bestudeer het.

Volgens Nora sal die wêreld nie eens ’n deeltjie van 2017 op Nuwejaarsdag kan verwelkom nie, want die apokalips gaan voor 31 Desember plaasvind.

Nora het haar teorie op haar blog The Mark of the Beast Explained verduidelik.

Sy het haar teorie gegrond op die verskeie komplekse berekeninge in die boek Daniël wat glo daarop dui dat die apokalips voor die einde van 2016 onafwendbaar is.

Nora het God se sogenaamde “klokke van sewe” bestudeer in ’n voorspelling wat as die “sewende voorspelling” bekend staan. Daarvolgens beweer sy dat God binne die volgende drie weke ewige oordeel oor die mensdom gaan bring en die wêreld tot ’n einde gaan kom (soos die Bybel voorspel).

Op haar blog skryf Nora: “Is 6 000 jaar van sonde verby? Gaan Jesus in 2016 terugkeer? Die Bybel bied verrykende, logiese antwoorde op hierdie vrae. Maar in kort is die antwoord: Ja!”

Gabriël het geskryf: “Sewentig sewetalle is besluit [...] om ’n einde te maak aan die sonde.”

Sy sê die nommer sewe is deel van tyd wat bekend staan as die Jubilee-siklus en deur dit te verleng op die skaal kan die wêreld in 2016 eindig.

Maar sy erken ook dat die Bybel sê niemand sal presies weet wanneer Jesus gaan terugkeer na die aarde nie.

Mattheus 24 sê: “Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.”

Mark Woods, ’n pastoor wat gereeld vir die tydskrif Christian Today skryf, het Ruth se teorie ten sterkste veroordeel. Hy sê om die Bybel op hierdie manier te lees en te vertolk is ’n vorm van ekstreme Bybelse liberalisme – iets wat glo al hoe meer toeneem.

Hy sê dit sal absolute toeval wees indien iemand die koms van Jesus en die einde van die wêreld voorspel.

“Nora se voorspelling moet niemand keer om hierdie Kersfees saam met hul geliefdes te spandeer nie. Mense moet versigtig wees wanneer hulle die boeke van Daniël en Openbaring lees en vertolk want dit is ingewikkelde boeke. En al is Nora verkeerd oor die 31ste Desember, het Jesus self aan sy dissipels gesê dat ons altyd gereed moet wees want niemand weet wanneer Hy gaan kom nie.”

Bronne: express.co.za; christiantoday.com; markbeast.com