Die dokter het kanker einde Junie by Christa Steyn gediagnoseer en dit het eers haar bors en nou ook haar lewer aangeval.

Sy is reeds in die laaste fase van die siekte. Die doodgaanfase. Die woord self kan Christa (54) nog nie sê nie: kanker.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gaan kuier ons by Christa en gesels oor haar siekte, haar laaste vertoning en haar geliefdes.

Lees meer in die Huisgenoot van 29 September.