[caption id="attachment_121134" align="alignnone" width="600"]Chris Vorster in aksie by die KKNK in Oudshoorn. Foto: Peet Mocke Chris Vorster in aksie by die KKNK in Oudshoorn. Foto: Peet Mocke[/caption]

“Ek love my werk. Ek lees baie en ek kry die heeltyd die geleentheid om my kennis te verbreed.”

Hy sê hy mis glad nie die lewe wat hy gelei het nie. “Mens moet wegkom van die rat race in Johannesburg en 7de Laan. Dit neem besit van jou en jy het net nie die vermoë om kreatief te wees en met dinge te eksperimenteer nie.

Lees ook: Lianie May verklap iets oor haar gesondheid wat aanhangers nie geweet het nie

“Tog, dit is ’n wonderlike plek in die sin dat dit jou ’n inkomste gee. Wat doen jy as jy ’n vrou en kinders het en jy moet vir ’n familie sorg?"

Chris het veertien jaar lank die rol van die skrywer, Ryno Lategan, in die sepie vertolk.

Ons het met hom gesels by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees waar hy vanjaar te sien is in die produksie Aartappels en Ammo wat hy self geskryf het.

Lees ook: Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Hy is tans ’n dosent by Kovsies op Bloemfontein en is betrokke by die oud-visuele studio van die dramadepartement.

“Dit kan nogal intimiderend wees, want jy werk met studente wat nagraads is so hulle weet al klaar baie.” Dan lag hy. “En daar is mos niks so slim soos ’n student nie. Maar dit stimuleer my. Ek sê altyd vra my enigiets. Ek gaan miskien nie die antwoord hê nie, maar ten minste gaan ek weet waar om daarvoor te gaan soek.”

Wanneer Chris nie by die universiteit is nie kuier hy en sy vrou, Liza, en twee seuns, Eben en Leroux, graag by die huis.

“Ons is een honderd persent huishenne. Die kinders is amazing en daar sal maklik ’n hele naweek verby gaan wat ons motor sal nie eenkeer die huis verlaat nie.

“Ek hou baie van Bloemfontein. Mense sê dit is ’n stad, maar dit is eintlik een groot dorp. Ek wou die skuif al lankal gedoen het, maar ons het net gewag tot die kinders klaar is met skool.”

Intussen studeer hy ook verder en kyk hy onder meer na die konsep van Amerikaanse televisiereekse soos Breaking Bad en hoe mens dit op Suid-Afrikaanse televisie sou kon toepas.

Hy hoop om in die toekoms ’n televisiereeks te skryf wat op die konsep gebasseer is.

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

Tien wenke oor hoe om ’n prettige Paaseiersoektog vir jou kinders te reël

Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue

‘Ek leef nou met my vel’: Brandoorlewende vra ander op modeblog om hul littekens te aanvaar