Die 35-jarige akteur het ’n foto van dié minibus op Facebook gedeel met die onderskrif: “Kan nie glo ek het dié foto gevind nie! Dit is die minibus waarin ek gewoon het! In my hand is die draaiboek van die fliek wat my uit Maui gekry het.”

Chris het naby die strand in Maui, Hawaii, in sy minibus gewoon. Hy het as kelner gewerk toe ’n regisseur hom ontdek.

Dit wys jou net – moet nooit jou drome laat vaar nie!