Chris Hemsworth sê hy het geen idee wanneer hy getroud is nie. Op die ring wat sy vrou hom gegee het, staan ’n datum wat hy glo ’n paar dae voor hul troue was.

Die 30-jarige akteur is getroud met die Spaanse aktrise Elsa Pataky (37). Hulle het ’n dogter, India Rose (17 maande). Hy sê hulle stry oor die dag waarop hulle in Desember 2010 in Sumba, Indonesië, getroud is.

Chris het aan die tydskrif Details gesê: “H’m, ek behoort hierdie antwoord te ken. Daar is nogal onenigheid hieroor . . .”

Die Australiese ster se vrou het hom ’n ring gegee waarop ’n datum graveer is. Hy glo vas hulle is eers ’n paar dae later getroud.

Hy het gesê: “So, ja, die antwoord oor my troudatum: iewers in Desember.”

Chris is besig met die verfilming van Heart of the Sea en nog drie rolprente is in die proses van vervaardiging.