Hy is beslis nie meer die god van donderweer in sy nuutste fliek nie. Ons praat natuurlik van Chris Hemsworth, die gewoonlik sexy, sterk aksieheld van onder meer Thor en The Avengers. Vir sy nuwe fliek, In The Heart Of The Ocean, het Chris soveel gewig verloor dat hy byna onherkenbaar is.

Just tried a new diet/training program called "Lost At Sea". Wouldn't recommend it.. #IntheHeartoftheSea

A photo posted by Chris Hemsworth (@chrishemsworth) on

"Ek het hierdie nuwe dieetplan probeer genaamd 'Vermis ter see'. Ek sal dit nie aanbeveel nie," vertel Chris (32) in sy Instagram-inskrywing. In die foto is hy brandmaer en met 'n verwaarloosde baard en voorkoms. Sy ribbes kan ook duidelik gesien word.

Hoewel hy reeds voor hy die dieet aangepak het al sy spiermassa wat hy vir Thor opgebou het, verloor het, kon Chris net sowat 500 kalorië (2092 kilojoules) per dag eet.

Dit word aanbeveel dat 'n volwasse man tussen 2000 tot 3000 kalorië per dag inkry.

"As jy reeds skraal begin, is dit vreeslik om soveel gewig af te skud," het die akteur aan Entertainment Weekly gesê. "Elke pond voel soos 'n kilogram."

Die legende van Moby Dick was die inspirasie agter In The Heart Of The Sea. Dit vertel die storie van 'n walvisskip wie se bemanning gestrand was ná 'n reuse walvis - Moby Dick - hul boot verwoes het.

Die fliek begin vroeg Desember in Suid-Afrika speel.

Sources: metro.co.uk, etonline.com