“Dit is vir Michelle (sy vrou) en my seun, Kellan, dié. Kellan, die oorwinning is vir jou,” het ’n emosionele Chris gesê tydens sy oorwinningtoespraak op die Champs-Élysées, waar die laaste skof van die drie weke lange resies klaarmaak. Louis Meintjes van Suid-Afrika het ook baie goed gevaar en het algeheel agtste gekom.

Best day ever!! #TDF2016

A photo posted by Chris Froome (@chrisfroome) on
Chris (31) is in Kenia gebore en was 14 jaar oud was toe sy pa, Clive, na Johannesburg verhuis. Die tiener het twee jaar lank na St. Andrew in Bloemfontein gegaan en sy skoolloopbaan by St. John-kollege in Johannesburg voltooi. Die Wallies gebore Michele Cound het as vyfjarige saam met haar ouers na Suid-Afrika getrek. Chris en Michelle is deur die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey aan mekaar voorgestel en het in 2014 in Suid-Afrika afgehaak. Die egpaar woon in Monaco, maar kuier nog gereeld in Suid-Afrika.

Just 113km left to go until I get to see this little guy... It's been a long 3 weeks #tdf2016

A photo posted by Chris Froome (@chrisfroome) on

Dis duidelik Chris het nog hegte bande met die land, want hy het op oudpres. Nelson Mandela se verjaardag, toe daar nog ’n week van die resies oor was, tyd gemaak om ’n aanhaling van hom op sosiale media te gedeel: “Ek is fundamenteel ’n optimis. Ek kan nie sê of dit van nature of aangeleer is nie. Deel daarvan om ’n optimis te wees is om jou kop in die rigting van die son te hou en jou voete te laat aanhou beweeg. Daar was donker oomblikke waar my geloof in die mensdom diep beproef is, maar ek wou nie en ek kon nie myself in wanhoop laat verval nie. Dit is die begin van die dood en nederlaag.”

Michelle en Kellan, in ’n klein geel truitjie, het Chris by die eindstreep ingewag en Kellan (sewe maande) het behoorlik ’n keel opgesit toe die kameras en mense om hulle saamdrom. Chris het die fietstoer later in ’n onderhoud as “baie taai” beskryf. “Dit was enduit moeilik, al het ek ’n voorsprong van vier minute gehad.”

Ekstra bron: netwerk24.com