Die klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen Chris Brown is verminder tot ’n gewone aanrandingsklag.

Die sanger en sy lyfwag is in hegtenis geneem nadat hulle Sondag in die vroeë oggendure buite die W-hotel in Washington D.C. in ’n opstootjie betrokke was. Die ster is intussen vrygelaat en van ’n minder ernstige misdaad aangekla, berig TMZ.com.

Die Washington-polisie het Chris laat gaan sonder dat hy borgtog hoef te betaal het, en die klag teen sy lyfwag is ook met ’n minder ernstige een vervang.

Chris (24) het op Maandag 28 Oktober skuld ontken nadat hy daarvan aangekla is dat hy ’n man se neus gebreek het.

Die regter het beslis die sanger hoef nie ’n dwelmtoets te ondergaan nie, maar het hom wel beveel om minstens 91 m van die klaer weg te bly.

Die onderonsie het na berig word omstreeks 04:30 begin; Chris het die man na bewering aangerand toe dié en ’n vriend probeer om in ’n foto te wees wat Chris saam met twee vroue laat neem het. Hy het hulle glo toegesnou: “Ek hou niks van daai gay *** nie; ek hou van boks,” en die ou toe op die neus gepot.

Bron: Bang! Showbiz