Dallas Lovato – hy het met Demi Lovato se ousus uitgegaan voor hy sy rol in Glee losgeslaan het.

Rumer Willis – hulle is in 2010 romanties verbind.

Josie Loren – Chord het verskeie partytjies en rooitapytgeleenthede saam met die aktrise bygewoon.

Taylor Swift – die tweetjies het omtrent verlief gelyk by ’n hokkiewedstryd.

Emma Roberts – die twee kon hul hande nie van mekaar afhou nie en die paparazzi het elke oomblik daarvan afgeneem.

Carlson Young – Chord se reklameagent het gesê hulle is net vriende. Waar het ons dit al vantevore gehoor?

Lily Collins – Emma Roberts, een van Lily se pelle, was glo glad nie beïndruk toe sy hoor die twee maak ogies vir mekaar nie.

Ashley Benson – Chord en Ash is op ’n paar afsprake saam gesien.

Halston Sage – Chord en Halston is uitmekaar nadat sy saam met Zac Efron, haar medester in Neighbours, gewaar is.

Bron: teen.com