Die super-oulike paartjie is ’n paar maande gelede deur 'n gemeenskaplike vriend voorgestel.

Volgens US Weekly het die twee op ’n paar afsprake gegaan om mekaar te leer ken. Hulle was mekaar se eerste crush,” het ’n bron gesê.

Hoewel Chloë dolverlief is op Brooklyn, het sy dit duidelik gemaak dat haar hele lewe nie om ’n verhouding gaan draai nie. “Dis nie my styl nie,” het sy aan die tydskrif, Flare, gesê.

“Dis ’n baie moeilike ouderdom om verlief te wees: mense verander so vinnig. Dit moenie voel asof ek heeltyd moet oplet oor wat ek doen nie, want ek’s 17 en ek hoef nie.”

Die paartjie het ook nog nie hulle verhouding aan die publiek bekend gemaak nie, maar ons hoop regtig sy vat vir Brooklyn na die première van haar nuwe fliek, If I Stay.

So, wat dink julle van Hollywood se nuutste paartjie?

- Janine Nel