Chloe Bridges sluit aan by die vroue van Rosewood in die jongste seisoen van Pretty Little Liars. Die rol van Sydney is “seisoene gelede al” spesifiek vir die 22-jarige aktrise geskryf en die skepper en uitvoerende vervaardiger,  Marlene King, het net gewag tot sy beskikbaar is.

“Sy’s ’n swemmer en raak bevriend met Emily en Paige, en help Emily en Paige hul vriendskapsbande smee – of ten minste aan die begin van ons storie. Toe ons hulle laas gesien het, was hulle nogal krapperig met mekaar,” het Marlene aan die IBTimes oor Chloe se karakter gesê.

Ons kan skaars wag om dit te sien!