Die ongeluk het verlede Saterdag op Emgeniweg in Durban gebeur. Drie mense is lig en ’n 30-jarige man krities beseer toe ’n stuk metaal sy buik deurboor. Die man kon nie veilig uit die motor gehaal word met die stuk metaal nog in sy buik nie.

Dis toe dat noodpersoneel per helikopter die trauma-chirurg ontbied. Mike (30) het die stuk metaal verwyder en noodpersoneel kon hom uit die wrak sny. Mike het minder as ’n jaar gelede as ’n trauma-chirug gekwalifiseer.

Mike het die pasiënt in die helikopter na die hospitaal vergesel. Hy erken dat dit baie uitdagend was om met die beperkte mediese toestelle te opereer.

Die man sterk aan in die Albert Lithuli Sentrale Hospitaal.

Bronne: TimesLive, SA-breaking News