Want Sarah het niemand by haar werk van haar siekte vertel nie.

Die 43-jarige dokter het in September vanjaar uitgevind haar kanker is terminaal. Maar soos die res van die mense om haar, wou sy haar lewe so normaal as moontlik lei en voluit lewe, ten spyte van haar siekte.

Lees ook: 22-jarige vertel roerend van haar tien jaar stryd teen anoreksie

Daarom het sy besluit om nie haar kollegas by die Belford-hospitaal in Fort William van haar kankerstryd te vertel nie.

Haar man, Patrick Byrne, ook ’n dokter, het ná haar dood die hartverskeurende nuus op Facebook gedeel dat sy vrou eerder wou gehad het haar naastes moet haar lewe vier as oor haar afsterwe treur.

“Toe ons in September uitvind sy het kanker, was sy baie ferm daaroor dat sy nie mense wou vertel nie en ek het dit respekteer,” het Patrick aan die Daily Record vertel.

Lees ook: ‘Swanger kankervrou’ Anneline van Reenen verloor haar stryd

“Sy het tot twee dae voor haar dood gewerk en die normaliteit en geskerts van haar kollegas geniet,” onthou Patrick.

Sy was ’n vasbeslote en intelligente mens wat om gegee het, vertel Patrick.

Bronne: mirror.co.uk, dailyrecord.co.uk, Facebook