Staduimwerkers was onder druk oor ’n komende inspeksie deur die Kommunistiese Party, toe besluit hulle om die verweerde, geboë bane met vyf reghoeke te vermom. Dit was blykbaar ’n vinniger en makliker manier om die projek te voltooi omdat ’n provinsiale amptenaar op pad was vir ’n inspeksie. Plaaslike atlete was dit eens dat die kompromie ’n slegte idee was.

'Dit is onmoontlik om op so ’n oppervlak te hardloop.'

“Dit is onmoontlik om op so ’n oppervlak te hardloop,” het die langafstandatleet Zhang Yong aan die Britse koerant The Mirror gesê.

Die bisarre baan in plaaslik en internasionaal bespot. Stadionbestuurders krap nou kop oor wat om verder te doen; die inspekteurs is daar weg sonder verdere opdrag van die party se amptenare om die baan tot sy ovaalvorm te herstel.

Bronne: Huffington Post, The Mirror