’n Man in China het oorleef ná hy probeer het om hom aan twee Bengaalse tiere in ’n dieretuin te voer.

Die man, Yang Jinhai, 27, word nou behandel vir depressie.

Volgens die Chinese-koerant Chengdu Business Daily het Jinhai Sondag teen ’n boom uitgeklim en by die tiere se hok by die Chengdu-dieretuin, in die suidwestelike Sichuan-provinsie, ingespring.

Terwyl verstomde besoekers aan die dieretuin toegekyk het, het Yang “oordrewe bewegings uitgevoer” terwyl hy 20 minute lank die tiere probeer uitlok het om hom te eet.

“Ek het hulle gevra om my te byt en my vleis te eet en ek sou nie terugveg nie,” het Yang aan die koerant gesê.

Hoewel die diere hom gekrap en aan sy nek gesleep het, het hulle hom nie geëet nie. Hy het net ligte besering opgedoen.

Personeel van die dieretuin het die tiere spierverslappers toegedien sodat hulle Yang kon red.

Kyk hier na ’n video: