Maar die eiendomsbestuurder sê dit is bedoel om ironies te wees – om mense daaraan te herinner dat dit gevaarlik is om te twiet terwyl hulle op die sypaadjie stap.

“Daar is baie bejaardes en kinders in ons straat, en dit kan onnodige botsings veroorsaak wanneer ’n persoon met hul selfoon stap,” het Nong Cheng gesê. Sy is die bemarkingsbeampte van die Meixin-groep, wat die gebied in die stad se vermaaksone bestuur.

Meixin het ’n stuk van 50 m van die sypaadjie in twee bane verdeel: een wat selfoongebruik verbied langs een wat voetgangers toelaat om dit te gebruik – op “eie risiko”.

Cheng het gesê hulle het die idee gekry van ’n soortgelyke stuk sypaadjie in Washington D.C., wat in Julie deur National Geographic Television as deel van ’n eksperiment oor gedrag geskep is.

Sy het gesê voetgangers het nie die nuwe bane ernstig geag nie, maar baie het foto’s geneem van die tekens en sypaadjie.

“Dié wat hul selfoon gebruik, het natuurlik nie die tekens op die sypaadjie opgelet nie,” het sy gesê. “Hulle het dit nie gesien nie.”