Chinese stuur nou al hul kinders na militêre kampe wanneer hulle vermoed hul tiener is aan die internet verslaaf.

Reuters berig dat daar reeds 250 van die kampe in China is.

Die publikasie het ’n kamp genaamd Qide Education Centre in Beijing besoek, waar  70 persent van die 110 tieners daar probleme ervaar as gevolg van internetmisbruik. Dit hou hoofsaaklik met aanlyn speletjies verband.

By die kampe gebruik hulle militêre opdragte om dissipline-gewoontes op te skerp. Foto’s wys hoe die kinders in militêre uniforms handeviervoet of op een been moet staan.

Deel van die rehabilitasieproses sluit in dat hulle met die skoonmaakwerk, wasgoed en kokery by die kampe moet help. Hulle kry ook sielkundige beradingsessies.

Die kursusse duur tussen ses en agt maande