Cheryl Cole wil ’n vakansiehuis in Suid-Afrika koop.

Die Call my Name-sangeres het tydens die vakansie die Kaapse sonskyn geniet, en is nou op soek na ’n permanente vakansieplek in die Moederstad.

’n Bron het aan die Daily Star vertel: “Cheryl het ’n eiendomsagent aangestel om te soek na ’n romantiese vakansieplek aan een van die afgesonderde strande.”

Die 30-jarige skoonheid wil ’n strandhuis koop in Kampsbaai. Die prys is glo “geen probleem” nie.

Die bron het bygevoeg: “Sy is mal oor die plek en was al drie keer daar. Sy het almal oor Nuwejaar gevra of hulle dink ’n huis in Kampsbaai sal te winderig wees. Sommige van die vissershuisies is pragtig gerestoureer.”

Cheryl het vakansiefoto’s op haar Instagram-blad geplaas en vertel hoe baie sy die vakansie geniet het.

Sy skryf by een van die foto’s: “My vakansie was alles; hallo aan almal wat ek ontmoet het. Pragtige sonsondergange, pragtige stad, pragtige mense.”

Tydens haar vakansie het ’n opgeduik van Cheryl wat ’n 20-jarige student omhels. Hy het later vertel die superster het hom “op die lippe gesoen”, en dit as “nogal wonderlik” beskryf.