Cheryl het op Twitter aangekondig sy en Jean-Bernard, ’n restauranteienaar, het verlede Maandag die knoop deurgehak. Sy was voorheen met die Britse sokkerspeler Ashley Cole getroud. Dié twee is in 2010 uitmekaar.

Cheryl is beslis nie die eerste bekende wat ná ’n kortstondige romanse kansel toe is nie. Ander bekende paartjies wat vinnig getrou het (en steeds getrou is), is:

  • Die aktrise Carey Mulligan en Marcus Mumford, die hoofsanger van die groep Mumford & Sons, is ná ’n romanse van net twee maande in 2012 getroud.
  • Nicolas Cage het in Februarie 2004 met die sushi-kelnerin Alice Kim begin uitgaan. Die twee is ses maande later getroud.
  • Mariah Carey en Nick Cannon het net een maand uitgegaan voor hul weglooptroue in 2008.

Bronne: Irishexaminer.com, BBCnews.com, DailyMail.co.uk, HuffingtonPost.com