SY IS stroopsoet, wonderlik rustig en dol oor ’n geraas en gewoel rondom haar.

En sy slaap éérs lekker as die countrymusiekkanaal op die agtergrond speel. Mamma is immers die land se eie countrymeisie Cheree (31) en pappa die rasperstem Wynand Strydom (35) – en albei kan sing dat die biesies bewe.

“Ek belowe jou hierdie kind is so rustig, sy is ’n regte nagmens wat saans wil wakker wees, maar die afgelope paar weke slaap sy soos ’n droom,’’ sê Cheree trots terwyl sy haar skaamteloos vergaap aan haar alleroulikste donkerkopmeisiekind.

Taylor-Hope lê grootoog in haar opslaanstoeltjie en wieg by hul huis op die Weskusdorp Langebaan. Cheree en Wynand se eersteling spog met pa se tone en neus en mamma se donker hare en oulike vol mondjie, vertel haar ma.

Sien meer foto's en lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Maart 2011