Cher is glo skaam dat sy Miley Cyrus gekritiseer het.

Die Believe-sangeres is jammer sy het Miley (20) oor haar suggestiewe optrede onlangs by die MTV-videomusiekpryse gekritiseer. Sy sê nou sy dink eintlik Miley is wonderlik.

Cher (67) het Woensdag in ’n ellelange inskrywing op Twitter geskryf: “Re: Miley S (sic) . . . ek dink wat ek dink, maar nou dat ek dit gesê het . . .  ek is ’n bietjie skaam (wat totale s****t is, wat hoe kan jy ’n BIETJIE SKAAM wees) dat ek nie my groot Uitgesproke mond Toegehou het nie.

“WDF is MY PROBLEEM! Ek is te oud om te swig voor ‘Sê vir ons, o wyse een, wat het JY van M.S. (sic) gedink?’'

“Wat ek moes gesê het, was: Ek het nie so baie daarvan gehou nie, maar sy is ’n KUNSTENAAR en sy is besig om die grense te verskuif! Sy is Talentvol & het nie ’n MISDAAD GEPLEEG nie.

“Maar op ’n manier moes my ego ’n WOORDJIE INKRY! MY BIG A*s 'BAD', EK HET NIE ’N MEDEKUNSTENAAR ONDERSTEUN NIE.

“SY WAS WERKLIK Fkng BRILJANT . . . WANT . . . ONS PRAAT NOG DAAROOR.”

Sy het bygevoeg: “Ns dis Nie ’n apologie vir wat ek Gedink het nie, dis ’n herinnering, as ek nie my beginsels toepas nie, verloor ek Hulle.”

Cher het eers dit te sê gehad oor Miley, wat net in vleeskleurige onderklere saam met Robin Thicke gedans het:

“Dit was so sleg. Ek is nie outyds nie. Sy kon naak gewees het, en as sy net goed was sou ek gesê het: Mooi so, meisie. Dit was net nie goed gedoen nie.

“Sy kan nie dans nie, haar liggaam het soos die hel gelyk, die liedjie was nie goed nie, een boud het uitgehang. En meisie, moenie jou tong uitsteek wanneer dit aangepak is nie.”