cher1

Cher sou dit gehaat het om ’n man te wees.

Die sangeres van Believe het haar seun, Chaz Bono – wat eers Chastity was – ondersteun toe hy in 2008 ’n geslagsverandering ondergaan het. Tog sou sy dit gehaat het om ’n man te wees.

Sy het aan Sunday Times Magazine gesê: “Ek probeer die mense wat dit nie verstaan nie, help om begrip daarvoor te hê deur te sê: Jy weet, ek hou so baie daarvan om ’n vrou te wees. As ek môre as ’n man wakker word, sal ek nie kan funksioneer nie.’

“Dis al manier om dit aan iemand wat dit nie verstaan nie, te beskryf. Dis moeilik om begrip te hê vir iemand wil sy geslag wil verander.

“Ek weet, as ek môre as ’n man wakker sou word, sal ek dit haat.”

Chaz het eers ’n lesbiese verhouding met Jennifer Elia gehad, maar hul verhouding van 12 jaar is ná sy geslagverandering beëindig. Cher het vertel dit was ’n moeilike tyd vir Jennifer. Sy het gesê: “Hulle was ’n lang tyd saam en die verandering was vir haar baie moeilik.”

- Bang Showbiz

LEES MEER:

Cher is jammer sy het Miley Cyrus gekritiseer