As jy Springbok-rugby wil speel – hopelik eendag – moet jy opoffer. Kortpad is daar nie.

En Naas Olivier kan sy opofferings op sy vingers aftel: Hy het die meisie van sy drome ontmoet, maar toe kon hy haar nie uitneem nie, want hy moes op ’n vliegtuig spring om oorsee te gaan speel. Hy het een-twee-drie . . . vyf beste skoolvriende, en by hoeveel se troues kon hy wees? Net een. Want hy moes rugby speel.

Maar dié dinge gee jy met ’n glimlag prys as jy weet die beloning kom, en vir die Cheetahs se skerpskutter-losskakel is dié droom dalk nie meer so ver nie. Rugbykenners meen Naas (28) is uiteindelik gereed om sy man te staan op nommer 10 as die Bokke se Morné Steyn dalk beseer word of ’n ruskans moet kry.

Sy naam is mos nie verniet Naas nie. Dié man weet van pale toe aanlê. Hy was verlede jaar die voorloper-puntemaker tot voor die eindrondes van die Curriebeker, en naas Morné Steyn is hy tot dusver vanjaar Suid-Afrika se voorste punte-maker in die Super14.

En as Naas se Bok-drome die dag bewaarheid word, sal al die opofferings van die afgelope ses jaar dubbel vergete wees: die jagnaweke saam met sy vriende wat hy moes misloop, die Vrydagaande wat hy liewer maar nie saam met sy universiteitsmaats op die dorp gaan kuier het nie.

Vir die Groen-en-Goud sou dit alles soos niks gewees het nie.

Lees die volledige artikel in die uitgawe van 25 Maart.