Sonlig stroom in by die ruim kombuis van die huis in Bloemfontein waar die Cheetahs-losskakel Josias Ebersohn by die tafel sit. Sy tweelingbroer Robert, Cheetahs-senter, woel eers in die yskas rond, gaan sit dan by sy broer en luister aandagtig wat dié te sê het.

Sias, die meer loslitbroer van die 21-jarige tweeling, sê: “Ons het aanbiedinge gekry om weg te trek. Die Sharks wou gehad het ek moet Durban toe gaan en die Bulls wou vir Robert gehad het. Hulle gee jou twee weke om te besluit. Ons is in so ’n gemaksone dat dit moeilik is om die besluit so gou te neem.”

Robert val sy broer in die rede: “Dis nie ’n emosionele besluit nie; rugbybesluite word deesdae deur geld gelei. Vir jong ouens is dit ’n groter uitdaging om te bly en saam met die Cheetahs te wen.”

Die broers is gespierd, met welige donker hare en gesigte wat ’n kroegman sal laat dink hy moet dalk eers vra hoe oud hulle is voor hy vir hulle ’n dop skink.

Lees die volledige artikel in die 18 Maart-uitgawe van Huisgenoot.