WAT is dan nou beter as ’n koel mengeldrankie om die hitte te klop?

Iets kouds; met ’n tikkie kleur, en ’n effense skop. By Sarel Pretorius en Nicola Ferreira se troue is daar bááie mengeldrankies om die gaste vooraf besig te hou.

Lady Violets, donkerpers, een van die kleure van die dag.

Die trouklokke sal later lui, maar vir eers maal die gaste op die Ilanga-landgoed in Bloemfontein rond. Teen vyfuur die

middag is dit steeds drukkend warm terwyl hulle na die kapel begin aanstap. Sarel, deftig in ’n donker pak met ’n pruimkleurige das, groet sy gaste in die tuin.

Hy vertel dat die weer op die aand van sy verlowing heel anders was. Dit was net voor die begin van die Curriebeker in

Julie 2010 en hulle het op Wildernis langs ’n strand gestap.

“Ek het die ring in my sak gehad, die lig was net reg, en ek was besig om my moed bymekaar te skraap. Toe begin dit

reën, stort.”

Die twee het hulle na binne gehaas en hul piekniek voor ’n knetterende vuur in hul hotel uitgepak. Nicola (28) onthou

dit as oulik en romanties, maar vir Sarel (26) was dit ’n aand van wag. Vir daardie volmaakte oomblik.

“Roxette se Listen to Your Heart het begin speel. Die tydsberekening sou nie beter as dit raak nie.”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 25 November 2010