Het jy geweet die liewe Charmaine van 7de Laan en die ondeunde Errol is nie net baie na aan mekaar in die sepie nie, hulle is ook ’n gedugte span wanneer hulle nie op die sepiestel is.

Christo wat die rol van Errol Pieterse vertolk doen die regie van die eenvrou-vertoning, Invisible, wat Vinette Ebrahim, oftewel Charmaine Beukes geskryf het.

"Sy is ongelooflik committed," sê Christo. "As sy ’n ding wil doen dan doen sy dit.

[caption id="attachment_121257" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Hy is onlangs aangestel om voltyds regie op die stel van 7de Laan doen en het ook al tekste soos Bullets Over Bishop Lavis geskryf.

Lees ook: Diaan en Jody gesels oor die ‘antwoord op alles’

"Christo bring veranderinge aan, maar hy doen dit op die mooiste manier," sê Vinette oor sy regie-styl. "Hy noem my gewoonlik 'Mother', maar die oomblik wat ons moet begin werk noem hy my Ma'am,"

vinette christo main

Vinette lag al te lekker vir Christo en hy skud weer net sy kop.

"Ek het dit eers onlangs agtergekom," sê Christo. "Ek glo nie daarin om te skree nie. Mens kry reggiseurs wat baie hard kan wees, maar as jy nie ’n gelukkige akteur het nie, gaan jy nie ’n goeie vertoning uit hom kry nie. Die energie wat jy insit gaan jy uitkry."

[caption id="attachment_121259" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Vinette se dit is vir haar ongelooflik om saam met jongmense soos Christo te werk wat soveel passie vir die bedryf het.

"Ek glo daarin om myself met passievolle mense te omring en ek weet nie of hy dit weet nie, maar hy gaan my maar so saam-saam moet sleep soos die tyd aanstap."

vinette christo saam

Wat dwing Vinette om bo en behalwe die lang ure wat hulle op stel van 7de Laan deurbring, nog projekte aan te pak?

Sy strek haar hand voor haar uit en wys na die fyn aartjies op haar pols. "Sien jy dié bloed. Daar pomp kreatiewe bloed deur die are en dit gaan nooit ophou nie."

Lees ook: Kyk hoe word die nimlike Tobie Cronjé in die nare Juffrou Rottenmeier omtower

Sy het wel op ’n stadium agtergekom sy sukkel om die woorde vir Invisible te leer. Sy het vir Christo gesê hy sal haar nou moet help.

[caption id="attachment_121258" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

"Ons het toe gaan sit en dit stuk-vir-stuk opgebreek en sommer in die kantien daar bo by 7de Laan gaan sit en daardeur gewerk."

[caption id="attachment_121265" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Vinette sê sy hoop die werk wat sy doen sal altyd vir mense iets beteken en dat die dieper betekenis daarvan nie verlore sal gaan nie.

- Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue

Lianie May verklap iets oor haar gesondheid wat aanhangers nie geweet het nie

Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’