Sjoe! Maak vas julle sitplekgordels!

Dié film, die vierde in regisseur George Millker se Mad Max-reeks, volg in die voetspore van sy voorgangers waarin die rol van Mad Max deur Mel Gibson vertolk is. Die Brit Tom Hardy vertolk dit in hierdie aflewering.

Charlize, kompleet met ’n kaalgeskeerde kop, speel die rol van die heldin, Imerator Furiosa, wat saam met ’n groep slavinne uit die kloue van Immortan Joe (gespeel deur Hugh Keays-Byrne) ontsnap. Mad Max word saamgesleep om haar te help.

Wilde jaagtogte volg soos wat Immortan se travante die groep oor ’n dorre woestynlandskap agterna sit.

Die film is reeds twee jaar gelede in die Namib-woestyn geskiet. Dit word uiteindelik volgende maand vrygestel.

Kyk hier na die wilde lokprent: