Charlize Theron moes ’n nekoperasie kry nadat dit op ’n rolprentstel beseer is.

Die Oscar-wenner is Vrydag by Variety se vyfde jaarlikse Power of Women-byeenkoms in Beverly Hills met ’n groot pleister op haar nek opgemerk. Haar nek is ’n hele paar jaar gelede op ’n rolprentstel beseer toe iets haar teen die kop getref het.

’n Bron het aan UsMagazine.com gesê: “Charlize het jare gelede op ’n stel seergekry en ’n nekwerwel gebreek. Dit het haar die laaste ruk baie gepla en sy het ’n nekoperasie ondergaan.”

Charlize (38), die ma van Jackson (17 maande), sterk glo goed aan ná die operasie.

Sy het glo op die rooi tapyt die pleister met ’n serp probeer bedek, maar dit het bly uitsteek.