[caption id="attachment_139951" align="alignnone" width="600"]Sean Penn (Foto: Euan Cherry/WENN.com) Sean Penn (Foto: Euan Cherry/WENN.com)[/caption]
Die Oscar-wenner het Woensdag met sy ontluikende verhouding gepronk. Hy was op ’n strandvakansie in Hawaii en is gekiek terwyl hy ’n misterieuse blondine soen en saam met haar kerjakker.

Nou is Sean se nuwe liefde onthul as die dogter van ’n ander Hollywood-akteur – Vincent D’Onofrio, die booswig in Daredevil.

Leila George (24) is Vincent se enigste kind by sy eerste vrou, Greta Scacchi, wat net so oud is soos die 56-jarige Penn. Die ster van Milk is net ’n jaar jonger as Vincent.

Die jong skoonheid het skynbaar geen probleem met die groot ouderdomsverskil tussen haar en Sean nie, aangesien hulle hierdie week lyf natgemaak het in die see en geen poging aangewend het om hul gevoelens vir mekaar weg te steek nie. Hulle het mekaar openlik omhels en gesoen. Volgens People.com was hulle nie alleen op hul Oahu-wegbreek nie – Leila se vriendin die Australiese aktrise Gracie Otto het hulle vergesel. Leila het onlangs saam met James Franco en Tori Spelling in ’n heropname van die Beverly Hills, 90210-sterrekultus-TV-fliek, Mother, May I Sleep with Danger?, opgetree. Sy was ook in Franco se nuwe rolprent, The Long Home, te sien saam met die sterre Ashton Kutcher en Josh Hartnett. Sean het ’n sagte plekkie vir blondines – hy het 18 maande lank, tot verlede somer, met Charlize Theron uitgegaan en in 2011 ’n kort romanse gehad met Scarlett Johansson, enkele maande nadat die aktrise van Ávengers van haar eerste man, Ryan Reynolds, geskei is.

Sean was ook voorheen getroud met Madonna en Robin Wright, die ma van sy twee kinders: ’n dogter, Dylan Frances (25), en ’n seun, Hopper Jack (23).

Cover Media