In 2014 is tydens die Sony Pictures-krakerskandaal onthul met American Hustle het die hoofaktrises, Jennifer Lawrence en Amy Adams, heelwat minder as hul manlike medesterre verdien.

Destyds het Charlize ’n ooreenkoms gesluit om haar rol as die bose koningin Ravenna te hervat in ’n voorvolg op Snow White and the Huntsman (2012), maar verlede jaar is bekendgemaak sy het besluit om die salarisgaping tussen die geslagte self aan te roer deur die ateljeebase by Universal Pictures te vra dat sy net soveel moet verdien as haar medester Chris Hemsworth.

Die nuwe ooreenkoms beloop glo R145 miljoen.

Charlize sê sy wil net hê rolprentbase moet hoofakteurs as gelykes behandel.

Lees ook: Charlize Theron briesend oor ‘ongelooflik verkeerde aanhaling’

“Mense vra my: ‘Wat is feminisme?’ Om regverdig te wees!” het die Oscar-wenner op die Amerikaanse ontbytprogram Today verduidelik.

“Ek dink vroue moet net soveel soos hul eweknieë waardeer word; ons werk net so hard. Dis iets waaroor ons moet praat, en hopelik kan iets daadwerkliks daaraan gedoen word. Wanneer jy na die wêreld kyk, wat is 50 persent van die bevolking? Waar is ons plek? Wat is ons waarde?”

Charlize het verder gesê: “Ons dra die helfte by. Ons moet ’n slag waardeer word.”

Emily Blunt en Jessica Chastain is ook te sien in The Huntsman: Winter’s War, en die Suid-Afrikaanse skoonheid vertel die “mooi” Chris het goed met die drie bekende aktrises klaargekom.

“Hy is een van die beste ouens wat ek nog ontmoet het en ek ken nie baie ouens wat sou kans sien waarvoor hy het nie!” het sy laggend gesê. “Ek bedoel ons drie val hom tegelyk aan. Dit was brutaal, maar hy was komkommerkoel.”

Lees ook: ‘Suid-Afrika is soos die ma wat my weggegooi het,’ sê Charlize

Charlize, wat in die meeste van haar tonele saam met Emily verskyn, sê ook sy en die Brit het gou vriende geword.

“Ons het van die begin af goed oor die weg gekom; dit was ietwat problematies!” het sy glimlaggend gesê.

“Ek dink ons het van die eerste oomblik dat ons ontmoet het begin praat en toe nooit opgehou nie; ons het steeds nie opgehou nie.”

Selfs Charlize se vierjarige seun, Jackson, is gaande oor Emily.

Charlize het voorheen verklaar haar seun is verlief op haar medester, en al is dit vir haar as ma “verpletterend”, het sy gesê: “Ten minste is dit iemand wat ek liefhet en respekteer; daarom kan ek dit ’n bietjie beter hanteer.”

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

‘Hy’s nou by ons seun’ – Prince se eksvrou lewer roerende huldeblyk aan die man wat sy ‘altyd sal liefhê’

Ontmoet al die koninklike kleinkinders op die foto wat vir die koningin 90ste verjaardag geneem is

Talle Afrikaanse kunstenaars pryk op Sama-nominasielys

Vreugde, moed en eindelik trane – alles binne ’n lewe van net ’n paar uur

En daar vertrek die sonaangedrewe Solar Impulse 2 vir ’n reis om die wêreld!