Charlize Theron is baie gelukkig met Sean Penn.

Die A Million Ways to Die in the West-aktrise, wat ’n tweejarige aangenome seun, Jackson, het, het laat verlede jaar met die Milk-ster begin uitgaan en is dol verlief op die Oscar-bekroonde akteur.

Die 38-jarige ster het aan Extra gesê nadat hulle haar oor die verhouding gevra het: “Ek is baie gelukkig; ek sal dit sê. Ek praat nie graag oor my privaat lewe nie, maar ja, ons is baie gelukkig.”

Die paartjie is maar stil oor hul verhouding sedert hulle gekiek is waar hulle vroeg in Januarie in Hawaii vakansie gehou het, maar het al verskeie kere saam op die rooi tapyt verskyn.

Sean (53) was vroeër vandeesweek by die blonde skoonheid se jongste fliekpremière in Los Angeles en by ’n partytjie ná die geleentheid het hulle baie gemaklik met mekaar gelyk.

’n Ooggetuie het aan UsMagazine.com gesê: “Hulle was baie liefderik; dit was oulik. Sy het sy rug gestreel terwyl hulle gesels het.

“Hulle het nogal vroeg geloop. Sean het haar hand vasgehou en haar na die motor vergesel.”