As daar nou een ding is waarvoor Charlize Theron nie bang is nie, is dit om daardie beroemde lokke met 'n skêr by te dam nie.

Die 41-jarige aktrise is beroemd om haar blonde lokke, wat sy al in style soos ’n kabouterstyl en tuimelende golwe gedra het.
Maar sy was nog nooit bang om dinge te meng nie en sy het selfs haar hare in 2015 geskeer vir die rol van Imperator Furiosa in Mad Max: Fury Road – veilig in die wete dat dit nie ’n permanente verandering is nie.

Vir haar vertolking van Aileen Wuornos, in die fliek Monster, waarvoor sy met 'n gesogte Oscar-beeldjie beloon is, het sy selfs haar wenkbroue afgeskeer!

“Om die een of ander rede koester ek geen vrese oor my hare nie. Ek is glad nie geheg aan my hare nie – dit is vir my opwindend om veranderinge aan te bring en ek dink altyd dat, indien ek dit haat, gaan dit weer groei, het sy skouerophalend aan Vogue.co.uk gesê.

“Die stuk waaraan ek op ’n bepaalde tyd werk, het ’n invloed op my hare.”

"Ek doen nie tonne glansryke dinge nie, dus bestaan my hare gewoonlik uit wortels wat uitgegroei het en natuurlike hare.

Wat produkte aanbetref, het ek beslis die verskil gemerk tussen formules wat sulfate bevat en dié daarsonder, dus is dit die een ding wat nie gaan verander nie – my haarprodukte moenie sulfate bevat nie.”

Charlize se foutlose gelaatskleur word ook wêreldwyd bewonder. Aangesien sy die moeder is van ’n seun, Jackson en ’n dogter, August, het die ster nie soggens vroeg veel tyd nie, dus skenk sy hoofsaaklik saans aandag aan die versorging van haar vel.

“Ek het werklik geleer om saans na my vel om te sien, dus gebruik ek soggens regtig net ’n warm waslap, borsel my tande en sit sonskerm aan. Ek bedoel letterlik en dis al,” het sy verklaar.

“Ek kan saans ’n bietjie meer doen – dis gewoonlik wanneer die kleingoed slaap en ek meer tyd het vir myself. Ek kan my nie voorstel dat ’n mens nie jou gesig saans was en ten minste twee keer per week afskilfer nie.”

© Euan Cherry/WENN.com/Cover