Die 53-jarige akteur en 38-jarige Suid-Afrikaanse aktrise, wat onlangs die tonge laat klap het dat hulle ’n paartjie is nadat hulle op verskeie ete-afsprake in Los Angeles gewaar is ná hul terugkeer van ’n Nuwejaarsvakansie in Hawaii, het mekaar op die lippe gesoen en was alte liefies toe hulle hul sitplekke inneem by die liefdadigheidsgeleentheid in die Montage-hotel in Beverly Hills.

Die paartjie het nie saam op die rooi tapyt verskyn nie, maar die akteur van die fliek Milk het met sy arm om Charlize, ma van ’n tweejarige aangenome seun Jackson, gesit en haar ’n paar keer in die nek gesoen voor hy ’n “liefdevolle soen” op haar lippe geplant het,” berig E! News.

Die glansgeleentheid is die paartjie se eerste amptelike verskyning saam in die openbaar. “Hulle bring aand na aand saam deur en beweeg baie vinnig. Dit lyk of dit ernstig raak en hulle kan nie genoeg van mekaar kry nie.”

Sean, wat al vantevore getroud was met Robin Wright en Madonna, was in 2010 kortliks romanties verband met Charlize en het ook met Scarlett Johansson uitgegaan. Die Prometheus-aktrise was ’n enkelloper sedert sy in 2010 haar verhouding van nege jaar met die Ierse akteur, Stuart Towsend, verbreek het.