Die ster van Mad Max: Fury Road het blykbaar in die nuwe onderhoud daaroor gemor sy is ’n Hollywoodse skoonheid, maar sy hou vol haar aanmerkings is uit verband geruk en sy is verkeerd aangehaal.

Lees ook: ‘Suid-Afrika is soos die ma wat my weggegooi het,’ sê Charlize

“Werklik ernstige rolle gaan na mense wat liggaamlik geskik is daarvoor, en dis die einde van die storie,” het sy na bewering aan die tydskrif gesê. “Hoeveel rolle is daar nou eintlik vir die pragtige, f***** 2,4 m lange model wat ’n rok dra? Ek was al in die vertrek wanneer rolle met iets om die lyf deurkom, en popmooi mense word eerste afgekeur.”

Die kommentaar wat aan die gewese tienermodel toegedig is, het debatte op skinderwebtuiste en in nuusorganisasies aangevuur, terwyl kritici gespot het dat Charlize haarself blykbaar bejammer, maar die aktrise hou vol dat die meeste mense dit wat sy probeer sê het, verkeerd verstaan het.

In ’n gesprek met Access Hollywood Maandagaand tydens die première van haar nuwe rolprent, The Huntsman: Winter’s War, het die Oscar-wenner gesê: “Dit is so ongelooflik verkeerd aangehaal. Dis nogal skokkend.

“Wat ek eintlik wou sê, is dat mense my altyd vra hoekom ek die rolle van so baie karakters vertolk wat so gedekonstrueer is; my punt met daardie antwoord was: Hoeveel karakters is daar werklik . . . vir ’n vrou wat ’n rok dra? Jy moet min of meer regte mense uitbeeld.

Lees ook: “Dit gaan goed met Sean” ná breekspul met Charlize

“Dit is altyd nogal ’n skok om (onderhoude aan tydskrifte toe te staan), want konteks is alles, en as iemand dit nie werklik verstaan nie of dit nie reg oorgedra word nie, kan mense daardie soort goed so verkeerd lees … Die loopbaan wat ek gekry het, stem my uiters nederig,” het sy bygevoeg.

Charlize het ook aan Extra gesê: “Ek het nooit werklik so gepraat nie … Net die idee dat ek ooit enigiets sou gesê het wat dit laat klink asof ek ondankbaar is oor die loopbaan wat ek vandag het … Dit was erg, dit was erge leesstof.”

© Cover Media

Ook op Huisgenoot.com:

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate

Valk tref motor en oorleef wonderbaarlik ’n hele naweek vasgekeer in sierrooster

Mauritius-moordsaak: Saak teen SA besigheidsman laat vaar

Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa