Dit gons op die web oor die nuus dat ons eie meisie van Benoni, Charlize Theron, een van die hubaarste mans in Hollywood vasgetrek het.

Theron en die aantreklike Ryan Reynolds het glo maande lank reeds iets aan die gang.

Volgens Bang Showbiz het die 34-jarige Reynolds net verlede week amptelik van die aktrise Scarlett Johannsson geskei.

Die twee is nog nie saam afgeneem nie, maar volgens ooggetuies was die Green Lantern-akteur se motorfiets een oggend lank buite Theron se huis geparkeer.