Dit het gister bekendgeraak die twee is na bewering uitmekaar nadat hulle 18 maande saam was.

Bronne sê hulle het eintlik weke gelede uitgemaak en Sean het glo reeds sy goed uit hul blyplek verwyder.

Tydens ’n onlangse U2-konsert in Los Angeles het Sean glo vir Charlize gebel vir ’n ontmoeting.

“Tydens die agternapartytjie het Sean baie opgetree soos ’n enkellopende man op loer,” het ’n bron aan Radar gesê.

“Sean het saam met die groep partytjie gehou en baie laat besluit om Charlize te bel. Hy wou na Charlize se huis gaan, maar sy het nee gesê.” Die twee is al langer as 18 jaar vriende en het luidens berigte in Desember verloof geraak. Daar word vermoed hul saamwerkery aan hul nuwe rolprent, The Last Face, was die begin van die einde van hul romanse.

'Charlize het gevoel hy is by tye oorkrities teenoor haar.'

“Almal weet hoe intens Sean is en dit is geen uitsondering op rolprentstelle nie. Charlize het gevoel hy is by tye oorkrities teenoor haar. Dit het moeilik geword om werk en persoonlike sake te skei en by tye was die lyne beslis wasig,” het die bron opgemerk.

Hul skeiding is vir baie mense ’n skok, want Charlize (39) sowel as die 54-jarige Sean het in die laaste maande liefdevol oor mekaar gepraat.

Sean, wat al twee keer getroud was, het in Maart aan die Britse tydskrif Esquire gesê hy hou baie van die tradisie van ’n wettige huwelik.

“Jy sê ek was al twee keer getroud, maar ek was getroud onder omstandighede waarin ek minder ingelig was as wat ek vandag is,” het hy gesê.

“Dus sou ek dit nie eens as ’n derde huwelik beskou nie; ek sou dit as ’n eerste huwelik beskou as ek weer sou trou. Ek bedoel, ek hou van die tradisie. ’n Vriend van my het ’n reël geskryf: ‘Sonder tradisie sterf nuwe goed’. En ek wil nie hê nuwe goed moet sterf nie.”

© Cover Media