Twee van Hollywood se bekendste akteurs word glo oorweeg om in ’n fliek oor Oscar Pistorius se lewe te speel.

Volgens ’n bron in Los Angeles is Ryan Gosling glo genader om die rol van die “Blade Runner” Oscar Pistorius te vertolk, terwyl die Suid-Afrikaans gebore Charlize Theron glo oorweeg word vir die rol van Reeva Steenkamp.

Reeva (29) is op Valentynsdag in Oscar Pistorius se weelderige huis doodgeskiet. Oscar het getuig dat hy haar die nag van die voorval vir ’n inbreker aangesien het. Hy is tans op borgtog vrygelaat.

-Mail Online.