Charlize Theron, die Suid-Afrikaans-gebore aktrise, hou daarvan om vir die eerste keer in haar volwasse lewe enkellopend te wees.

Die Oscar-bekroonde aktrise het in die Desember-uitgawe van Vogue vertel dit is die eerste keer sedert 19-jarige ouderdom dat sy nie ‘n kêrel het nie.

Volgens Theron is sy daaraan gewoond om van die een verhouding na die ander te gaan, met sommige verhoudings slegs ‘n maand uit mekaar.

Die 36-jarige Theron was vir amper 10 jaar in ‘n verhouding met die akteur Stuart Townsend voordat hulle verhouding in 2010 beeïndig is.

-Sapa/Nuus24

Volg Huisgenoot op Twitter.