??????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

Die Suid-Afrikaans gebore aktrise oorweeg glo tans die rol as Vrystaatse bywonersdogter wat in die oorlog deur Britse soldate verkrag word.

Die Suid-Afrikaanse akteur Ian Roberts het die draaiboek geskryf. “Ek het so vier en ’n half jaar gelede die regte vir die fliek van die boek The Boer Whore(geskryf deur Nico Moolman) gekry. Nadat ek die eerste 20 bladsye van die boek gelees het, het ek geweet dis ’n movie dié.”

Ian het die roman toe ’n draaiboek omskep. “Die eerste teks was redelik lomp. Ek het dit toe eers drie maande gelos en toe weer geskryf. Ek het die hele teks nou omtrent 10 maal geskryf,” het Ian gesê.

Die enigste mens vir wie hy die teks in die skryftyd gewys het, was Nico.

Dié het Zelmari Botha van die ZB Media Group genader vir die rolverdeling en verspreiding van die fliek. “Zelmari was crazy oor die stuk,” sê Ian. Hy sê Zelmari vertrek Saterdag as lid van ’n afvaardiging na Los Angeles vir onderhandelings met verspreiders en vervaardigers.

Oor die moontlikheid dat Charlize dalk in die fliek gaan speel, sê Ian: “Charlize is ’n baie groot naam in die filmwêreld. As sy sê sy gaan in jou movie speel, verander die cast dadelik. Groot akteurs sê dan ja (vir rolle),” het hy gesê.