charliesheen-gf

Die ster van Anger Management het Sondag gesê hy en Brett het tydens ’n besoek oor die Nuwejaar daar getrou.

Hy het ’n foto van hulle op Twitter gedeel waar hulle buite die voormalige Franse konsulaatgebou in Reykjavík staan waarin ’n Koue Oorlog-spitsberaad in 1986 tussen die destydse Amerikaanse president Ronald Reagan en die Russiese leier Mikhail Gorbatsjof gehou is en geskryf: “Dit is die huis waar M Gorbatsjof en R Reagan iets ongeloofliks gedoen het. Dis ook waar ek en S getrou het. #RumorMilUhPede.”

‘S’ is ’n bynaam vir Brett (24), wat ook Scottie genoem word.

As die troustories waar is, is sy Charlie (48) se vierde vrou. Hy was tussen 1995 en 1996 met Donna Peele getroud, het in 2002 met Denise Richards afgehaak en in 2006 van haar geskei. Van 2008 tot 2011 was hy met Brooke Mueller getroud.

Charlie het vroeër die dag ’n foto van Brett gedeel waarop sy aan ’n roos.

Hy het vier kinders: Sam (9) en Lola (8) by Denise en die vierjarige tweeling, Bob en Max, by Brooke.