Charlie Sheen het ’n rowwe tyd agter die rug vandat hy in November verlede jaar bekendgemaak het hy is MIV-positief. Tog lyk dit of dinge deesdae beter gaan met dié voormalige ster van Two and a Half Men

A photo posted by Charlie Sheen (@charliesheen) on

Hy het onlangs deelgeword van ’n toetsgroep wat ’n nuwe MIV-behandeling beproef en voel glo strate beter. “Ek is betrokke by ’n proeflopie wat die onmiddellike MIV-behandelingslandskap gaan verander. Pleks van elke dag pille neem, kry ek een maal ’n week ’n inspuiting,” het hy aan oorsese media gesê.

Die 50-jarige akteur is in sy derde week van behandeling. “Ek voel reeds ongelooflik, want dis giftig om so elke dag pille te drink.”

Lees ook: Charlie Sheen maak hart oop oor MIV-gerugte

Die nuwe middel, PRO 140, is nie die eerste eiesoortige behandeling wat die grapmaker beproef nie. Hy was vroeër vanjaar by ’n omstrede dokter in Mexiko wat hom glo met bokmelk wou genees.

“Ek het die insident in Mexiko gehad met daai swendelaar, wat ’n gemors was.”

Lees ook: Charlie Sheen is nou regtig verloof

Hy het glo ook sy siektetoestand aanvaar, wat dit vir hom deesdae makliker maak om daarmee saam te leef.

“Ek aanvaar dit as deel van my lewe, dan is dit baie makliker om te hanteer.”

Bronne: Bang Showbiz, Daily Mail, National Enquirer

Lees ook op Huisgenoot.com:

Adele kap dit behoortlik uit in haar jongste musiekvideo

‘Reuse en liggaamlik intimiderende’ man verloor kop in drukverkeer en rand polisie aan

‘Ek is klaar met seuns!’: Tiener deel haar skreeusnaakse dagboek van toe sy sewe was

Dis winter, dit is hoe jy seker maak jou geiser trotseer die koue

Is dit dalk die uitspattigste en vreemdste pizzas ter wêreld?

En die 1ste wenner van The Voice SA is . . .