.

Die Anger Management-ster se oudste dogter, Cassandra (28), het gister die lewe geskenk aan ’n dogter, Luna. Haar man, Casey Huffman, was aan haar sy. Cassandra is die dogter van Charlie se hoërskoolmeisie, Paula Profit.

Die 47-jarige akteur het die nuus aan die skinderwebtuiste TMZ.com bevestig toe hy gesê het dis ‘’n “wonderlike” dag en het bygevoeg: “My Bucket-lys is ’n vingerhoed!”

Charlie het ook twee dogters, Sam (9) en Lola (7), by sy eksvrou Denise Richards en ’n vierjarige tweeling, Max end Bob, by sy eksvrou Brooke Mueller. Die tweeling is nou in Denise se sorg.

Charlie het voorheen erken hy kan skaars wag om die eerste keer oupa te word. In Januarie het hy op The Late Show with David Letterman gesê: “Ek ’n oupa, Dave . . . Ek weet nie. Dis asof die wêreld middeldeur gaan kraak. Dis wonderlik. Dis net nie ’n titel wat ek gereed is om te aanvaar nie.”

Daar is onlangs berig Charlie sal Denise ten volle ondersteun as sy heeltydse toesig oor sy seuns wil kry.

Die Twisted-aktrise het in Mei tydelike toesig oor Bob en Max gekry nadat die afdeling vir kinders en gesinsdienste hulle uit Brooke se sorg verwyder het te midde van bewerings dat haar dwelmmisbruik gelei het tot ’n “onveilige omgewing”.

’n Toesigverhoor sal oor twee weke in Los Angeles plaasvind en “(Denise) is bereid om vir die regter te sê sy sal die seuns graag permanent wil hou”.