Brett, wat ook bekend staan as Scottie, staan nou die kans om die vierde mev. Sheen te word.

“Hy was selfs ? heer en het op sy een knie gegaan en my gevra om te trou,” het die 23-jarige wulpse rooikop gekoer.

“Ons het ‘n wonderlike Valentynsdag gehad en toe die volgende oggend het hy my gevra om te trou en ons het die son sien opkom. Die ring is klassiek en pragtig, maar ek het nog nie foto’s om te wys nie.

“Dis die gelukkigste oomblik in albei ons lewens,” het sy in ‘n onderhoud met E! News gesê.

Sheen het al in Januarie getwiet dat hulle getroud is, maar dit het toe geblyk dat hy net sy aanhangers terg.

Bron: Bang!